Gemeenskap kom byeen om oor Heidedal-steengroef te bid

0
2013
Die gemeenskap van Heidedal bid vir die steungroef. Foto: verskaf

Verskeie rolspelers, insluitend kerkleiers en gemeenskapslede, het Saterdag by die berugte steengroef in Heidedal byeen gekom om vir die gebied te bid.

Die oggend se aktiwiteite wat deur gemeenskapsaktiviste, Mark Murison en Gregory Werner, moontlik gemaak is, is deur Apostel White van De Aar gelei.

Verskeie mense het reeds by die steengroef verdrink. Daar is geen omheining, sekuriteitswagte of enige veiligheidstekens naby die groef nie.

Heidedal 4

Werner, wat sedert Justin Jacobs (16) se dood onverpoosd saam met ander rolspelers agter die skerms werk om te verseker dat daar daadwerklik iets aan die sekuriteitsmaatreëls by die groef gedoen word, sê die sessie het behoorlik koue rillings deur sy rug gestuur.

“Jy kan nie jouself ‘n gemeenskapsaktivis noem as jy nie die seëning van die gemeenskap ontvang het nie. Daar is baie mense wat hul lewens daar verloor het, en die mense kla al soveel jare.

“Daardie boodskap het my behoorlik hare op my nek gegee, regtig, dit was baie goed.

“Justin Jacobs se pa was ook deel van die groep. Dit was moeilik vir hom om by die groef te wees waar sy seun vroeër uitgetrek is. Hy ondersteun die inisiatief, want hy wil nie hê dieselfde moet met ander ouers gebeur nie.

Heidedal5

Apostel White het verder vir die families, wat geliefdes by die groef aan die dood afgestaan het, asook leiers van die gemeenskap, gebid.

“Ons as leiers is ook ingesalf om aan te gaan met die werk en glo ook op die einde van die dag sal social justice geskied,” sê Werner.

Die sessie is verder gebruik om die gemeenskap in te lig oor die sekuriteit by die groef asook om die gemeenskap oor hul regte in te lig.

-Mark Steenbok