Géén vlakke van E.coli in drinkwater geduld

0
267

Free casino downloads mb financial Die Vrystaatse Departement van Water en Sanitasie, Bloem Water en die Mangaung-metro, het gesamentlik in ‘n mediaverklaring dit duidelik gestel dat water in die stad aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (Sans) voldoen en veilig is om te drink. Dit kom nadat gerugte, veral op sosiale media, sedert verlede week die ronde doen dat dié gevreesde bakterieë in drinkwater aanwesig is. Metro-woordvoerder, Qondile Khedama, hou vol die gerugte oor E.coli is onwaar. Hy sê bykomende chloortoedienings in reservoir-water is ook nie in die stadium noodsaaklik nie. Hy wil inwoners gerus stel dat die gehalte drinkwater deurlopend getoets word, veral wanneer reservoirs se watervlakke laag is. Paniek is ‘n werklikheid wanneer water in reservoirs min raak, maar “ontleders” en “tegnici” maak juis dan staat op bykomende watertoetse benewens die vereiste watergehalte-toetse wat uitgevoer moet word.
Khedama sê die metro sal gemeenskappe betrek oor dié kwessies en mense onmiddellik van gevare inlig, omdat gemeenskappe se gesondheid hoog aangeslaan word.
Verskeie Mangaungers was sedert verlede Dinsdagaand huiwerig om kraanwater in sekere woonbuurte te drink, nadat hulle vir bykans ‘n dag sonder water moes klaarkom. Lae waterdruk in krane was ook ‘n probleem. DA-raadslid in die metro en ‘n waterkenner, Rossouw Botes, sê kraanwater het ook ‘n bruin skynsel gehad. Dit kan dui op hoë mangaanvlakke en ‘n tekort aan yster in die water.
Botes sê die probleem het ontstaan nadat die Brandkop-reservoir, die grootste in die metro, se watervlak laag was weens ‘n probleem met die onttrekking van onverwerkte water uit die Caledonrivier. Geen water is vir bykans ‘n dag na dié reservoir gepomp nie, terwyl waterverbruik toegeneem het. Bekommerde inwoners het Botes genader. Hy het verlede Woensdag ‘n navraag aan die metro gerig en is die versekering gegee die vereiste watertoetse word uitgevoer. Watermonsters is in ‘n laboratorium ontleed. Volgens hom was die uitslag van dié toetse op standaard, soos voorheen. Weens die ekstra toediening van chemikalieë was die watertelling in opvolgwatertoetse wel op standaard.
Intussen sê dr. Elsabe Botes, direkteur van Testit, ‘n private laboratorium in die stad, die gehalte van water en juis drinkwater is onderhewig aan die regulasie van Sans 241. Roetine-waterontledings moet ingevolge dié regulasie deur waterverskaffers gedoen word. Die regulasie bepaal dat daar vir drie bakterieë in water getoets moet word, waarvan E.coli-bakterieë een is. Sy beklemtoon ingevolge dié regulasie mag geen vlak van E.coli in drinkwater aanwesig wees nie, “omdat dit beskou word as ‘n akute gesondheidsgevaar”. Botes sê mense met ‘n goeie immuunstelsel gaan dalk nie deur lae vlakke van E.coli-bakterieë aangetas word nie. Mense wat immuun-gekompromiseerd is (ouer mense en kinders) is definitief meer vatbaar. ‘n Omgekrapte maag en naarheid is van die simptome van E.coli-besmetting. –  Online gaming statistics 2012 ukraine Christal-lize Muller 
http://zikavirusindia.in/wp-content/free-slots-to-play-for-free/ Free slots to play for free christal-lize@centralmediagroup.co.za