Gedeeltelike sonsverduistering vandag in sentraal Suid-Afrika te sien

0
794
Photo: timeanddate.com

Tesame met Lentedag kan sentraal Suid-Afrikaners vandag ook uitsien na ‘n gedeeltelike sonsverduistering – ’n verskynsel waar slegs ‘n gedeelte van die maan voor die son in beweeg.

Volgens Eugene Engelbrecht, ’n ruimte-fisikus van NWU se Potchefstroom kampus, is die beste uitkykpunt in die verduistering te ervaar in die sentrale gedeeltes van die land, met Noordwes veral as ’n punt.

Hy sê die dekking wat in Klerksdorp ervaar sal word is minstens 35%, terwyl dit in ‘n area soos Durban aansienlik minder sal wees.

“Dit is uiters belangrik om te noem dat jy onder geen omstandighede, selfs tydens ‘n sonsverduistering, ooit direk in die son in moet kyk nie.

Click here to see an animation of the eclipse in Bloemfontein.

As jy die gedeeltelike sonsverduistering wil sien is daar spesial son-kykers wat jy kan aankoop, of andersins kan jy daarna kyk deur die donker gedeelte van ‘n ou x-straal” waarsku Engelbrecht,” se Engelbrecht.

Die verduistering sal om-en-by 9:00 begin en sy hoogtepunt rondom 11:00 bereik, waarna die skaduwee geleidelik sal wegbeweeg.

Die hele verskynsel sal teen 12:00 verby wees.

Dane Beisheim/Courant Nuus