Gedagte vir die Week

0
196

Edvard Munch het ‘n skildery gemaak met die titel “Scream”. Die skilderye is werklik geen “oil painting” nie, soos mense altyd sê. Dit was werklikwaar lelik en ek sou verkies dat dit nooit in my huis hang nie. Tog is die skildery op 2 Mei 2012 vir ongeveer R1,7 miljard verkoop. Ek weet nie eintlik hoekom dit vir soveel verkoop is nie, want die prentjie was vol vrees en ‘stukkendheid’ – wel, so het ek gedink. Totdat ek eendag die verhaal agter die storie gelees het. Edvard en sy vriend het eendag in die straat gestap toe hulle met ‘n oorverdowende geluid gekonfronteer is. Aan die een kant van die straat wat ‘n psigiatriese hospitaal waar sy suster opgeneem is en aan die ander kant van die straat was ‘n abattoir. Die prentjies van die straat en die harde geluid het sy lewe so vol gemaak dat hy hard wou skreeu dat dit alles net end moes kry. Was jy al bang? Ken jy vrees? Hierdie vrese en slegte geluide kan jou lewe beheer, òf jy kan vandag kies om nie daarna te luister nie. Jy kan die skildery van jou lewe met die genade van die Here oor skilder! Is dit nie die woorde van Romeine 12:2 nie? – Ds. Stephan van Heerden