Garreth gereed om die grote uit te trek

0
616
Olivier besig om 'n 180kg-skeurtandhaai by Jeffreysbaai uit te trek.

Die 15-jarige Garreth Olivier van Grey-kollege is deesdae in menige kushengelaars se visier nadat hy onlangs aangewys is as die o.21-junior kampioen in die Vrystaat.
Hy hengel reeds van drie-jarige ouderdom af en het op vyf begin lyn-natmaak in die see. Sy pa, Thabo, is ook ‘n Vrystaat-kushengelkampioen. Met sy huidige prestatsie het hy ook seewater in sy pa se oë gespat.
Dit is die eerste keer dat hy as kampioen gekroon is. Hy beklee tans die 10de posisie in die Vrystaat vir alle ouderdomsgroepe. Vir dié prestasie het Olivier ‘n 180kg-skeurtandhaai by Jeffreysbaai uitgetrek.20161117_131731Hy sal van 30 Januarie tot 3 Februarie volgende jaar vir die provinsie aan die Suid-Afrikaanse Kushengelvereniging se nasionale kampioenskap in Mosselbaai deelneem.
Olivier sê dit is belangrik om fiks te wees vir dié sportsoort. “Jy moet op en af op die strand hardloop. Baie van die plekke waar ons hengel is ook nie toegangklik vir ‘n voertuig nie, en dan moet jy met al jou toerusting tot daar stap.”
Hy vertel hoe van die meer gesoute Springbokhengelaars baie in hul skik is met sy uithouvermoë en sy vernuf agter die vissstok.
Olivier benadruk ook die feit dat kushengelaars nie vis jag nie. “Ons hou baie van visvang as vaardigheid, daarom laat ons meeste van die visse wat ons vang weer vry. Natuurlik sal ons nou en dan een vir die kole bêre, maar die beskerming van die oseaan is vir ons baie belangrik.”
Hy sê binnelandse kushengelaars het dit soms moeilik om met hengelaars wat by die kus woon te kompeteer, maar hy hoop om hulle volgende jaar ‘n ding of twee te wys. – Maricelle Botha
maricelle@centralmediagroup.co.zaimg-20161024-wa0006