FOTO’S: Emily Hobhouse-boek by Vrouemonument bekendgestel

0
1391
Elsabé Brits lê 'n krans by die rusplek van Emily Hobhouse. FOTO: MARICELLE BOTHA

Die joernalis en skrywer, Elsabé Brits, het gisteraand vir die eerste keer gepas haar nuutste boek oor die Boereoorlogheldin, Emily Hobhouse, Emily Hobhouse: Geliefde verraaier, op Vrouedag by die Vrouemonument in Bloemfontein bekend gestel.

Die bekendstelling het talle belangstellendes gelok. Elna van der Merwe, boekeredakteur van Huisgenoot, het die gesprek gelei, terwyl Brits meer vertel het van die persoon agter die romantiese figuur wat boerevroue en kinders in konsentrasiekampe gehelp het tydens die Anglo-Boereoorlog.

Brits vertel sy was veel meer as die romantiese figuur van wie ons in geskiedenisboeke geleer het. Sy was ‘n liberaal, ‘n demokraat in hart en siel, ‘n pasifis, ‘n intellektueel en ook ‘n fantastiese skrywer, só beskryf Brits haar.

Brits het voor die afloop van die bekendstelling ‘n gewyde oomblik gehad by die plek waar Hobhouse se as vandag rus, aan die voet van die Vrouemonument, waar sy ‘n krans vir haar geliefde Emily neergelê het. – Maricelle Botha

maricelle@centralmediagroup.co.za

This slideshow requires JavaScript.