Fluweel appeltert

0
1336
Fluweel appeltert

Maak een groot tert

Bestandele:

1x                    blik kondensmelk (moenie die blikkie weggooi nie!!)

2elk                 eiers

100ml             mielieblom (maizena)

15ml               botter (let wel, botter – dit is on-onderhandelbaar!)

5ml                  vanielje essence

Knippie sout

1xpakkie        tennisbeskuitjies

6-8elk             Granny Smit appels

Metode:

  1. Gooi kondensmelk uit in ‘n kastrol en kook die kondensmelk met 2 ½ blikkies (kondesmelkblikkie)water.
  2. Meng die mielieblom en ander ½ blikkie water tot ‘n pasta  en voeg die geklitste eiers hierby.  Gooi die kookmengsel oor die mielieblompasta en meng goed.  Gooi weer terug in kastrol en kook tot verdik – roer die sout, botter en vanielje by.
  3. Pak die tennisbeskuitjies onder in ‘n goot glas tertbak (ongeveer 20x30cm)en gooi die warm vulsel oor.  Laat die vulsel afkoel en set in yskas.
  4. Skil die appels en sny in blokkies – kook effens gaar in water, dreineer, voeg bietjie suiker en kaneel by,  verpulp die appels tot ‘n growwe moes –laat afkoel en skep bo op vulsel.  Bedien met vanielje room!

 

Wenk

Gebruik Granny Smith appels vir ‘kookwerk of gebak’ Werk vinnig met appels nadat dit geskil is – plaas dit in suurlemoen water (sap van een groot suurlemoen op 500ml water) terwyl jy besig is om dit te skil – posjeer appels in kwarte of agstes gesny in klein bietjie kookwater waarby ‘n stuk pypkaneel of steranys gevoeg kan word  (kan selfs ook Rosé wyn (ipv water)gebruik waarby klein bietjie suiker na smaak gevoeg is – die appels kry so ‘n sagte pienk kleur en sal baie aantreklik lyk bo op die appeltert) – sodra die appels begin sag word (nie pap nie, appelskywe moet vorm behou) voeg ‘n stuk botter (15g), klein knippie sout by en bietjie kaneelsuiker – laat afkoel en skep bo-op tert.