Eunice reik uit na Vereniging vir Blindes

0
476
Hier is Marius Coetzee (onderwyser), Karin Kok (departementshoof), Sylke van Vreede (graad 9-leerder), en Magrita de Wet (Vereniging vir Blindes) wat die oorhandiging bygewoon het.

Die Vereniging vir Blindes het op 24 Oktober ‘n tjek ter waarde van R6 000 van die Hoërskool Eunice ontvang. Die graad 9’s het tydens hul Entrepreneursdag, wat in September gehou is, besluit om 10% van hul inkomste as deel van die Christmas Assembly aan die Vereniging vir Blindes te skenk. Hier is Marius Coetzee (onderwyser), Karin Kok (departementshoof), Sylke van Vreede (graad 9-leerder), en Magrita de Wet (Vereniging vir Blindes) wat die oorhandiging bygewoon het.