Eerstejaarstudente word amptelik by NWU se Potchefstroom-kampus verwelkom

0
1089
Die situasie op die Noord- Wes Universiteit se Potchestroom kampus vandag. Foto: verskaf
Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus is vandag ‘n miernes van bedrywighede met duisende eerstejaarstudente wat amptelik verwelkom word.

Volgens woordvoerder Johan van Zyl is ‘n rekord van 18 000 aansoeke vanjaar ontvang. Daar was egter slegs plek vir 4 600 eerstejaarstudente. Hy sê 80% van alle studente het verkies om by die Potchefstroom-kampus te studeer.

Die kampusrektor, Fika Janse van Rensburg, noem op sy beurt dat daar ongeveer 14 000 mense op kampus is. Hy sê hulle is slaggereed vir die nuwe akademiese jaar.

“Ons weet dit is ‘n marathon wat aangepak word deur ons studente. Ons wy nie minder nie as twee-en-‘n-half-weke aan registrasie en oriëntering. Ons het goeie planne in plek vir studente wat geldelik sukkel om die mas op te kom. Alles dui daarop dat dit ‘n jaar sal wees waarin ons potensiële donker wolke tydig sal identifiseer en die nodige maatreëls tref om te voorkom dat dit nie ons kampus ontwrig nie,” sê Janse van Rensburg.

-MARK STEENBOK