Drie vasgetrek na moord op verkeersbeampte

0
553

Drie verdagtes wat verbind word met die moord op ‘n verkeersbeampte van Standerton in Mpumalanga, is Vrydag by die grens tussen Lesotho en Maseru inhegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê twee mans en ‘n vrou tussen die ouderdom van 29 en 32, is omstreeks 21:25 in ‘n swart Jeep Compass, wat met die moord verbind word, by die Maseru grenspos vasgetrek.

Die 37-jarige verkeersbeampte is vermoedelik vroeër die dag terwyl hy besig was om ‘n boete uit te skryf, drie keer geskiet. Hy is op die toneel dood.

Mbambo sê die verdagtes is met ‘n geweer, lewendige ammunisie, asook ‘n verkeersboekie wat vermoedelik op die toneel gesteel is, gevind.

“Die drie verdagtes sal na verwagting môre in die Ladybrand landdroshof verskyn op klagtes van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, staat eiendom en moord,” sê Mbambo.

-Mark Steenbok