Drie OFM-joernaliste wen streektoekennings

0
210
Central Media Group Commission Editor, Sandra Mulder (left), alongside Christal-Lize Muller (right), who was one of the winners at the Vodacom Journalist of the Year Awards on Tuesday night. Photo: Moeketsi Mogotsi.

Drie senior joernaliste van Central Media Group, waarvan die radiostasie OFM deel is, het gisteraand op die jaarlikse Vodacom Joernalis van die Jaar-streekkompetisie uitgeblink.

Christal-Lize Muller en Sabrina Dean het albei streektoekennings vir die beste radio-klankbeelde gewen.

Muller se onderwerp van haar klankbeeld het gehandel oor die herdenking van wyle Nelson Mandela se verjaardag.

Muller en Dean is saam in dieselfde kategorie vir hul klankbeeld oor die voortslepende plaasaanvalle in die land vereer.

Voormalige eNCA-televisiejoernalis, Earl Coetzee, wat intussen by Central Media Group aangesluit het, is vir die beste televisie-nuusproduksie vereer.

Dit het gehandel oor die ergste droogte in 30 jaar in Suid-Afrika.

Die streekwenners ding later vanjaar op nasionale vlak mee.

Druk op die stories onder om na die klankbeelde  te luister:

Plaasaanval-klankgreep.

Madiba se verjaardag – klankgreep

Courant-nuus