Doodskis-aangeklaagdes sê hulle is nie gewelddadig van aard nie 

0
451
Die twee mans wat beskuldig word dat hulle ‘n Middelburgse man aangerand en in ‘n kis ingeprop het beweer hul optrede was die gevolg van woede en vrees vir hul families se lewens.

Theo Jackson en Willem Oosthuizen het in ‘n verklaring gesê hul slagoffer, Victor Mlotshwa, het gedreig om hul oeste af te brand en ook hul families leed aan te doen.

Hul advokaat, John Welch, het die verklaring voorgelees, waarin albei sê hulle het geen geskiedenis van gewelddadige gedrag nie.

Die mans sê ook die media het hulle verkeerdelik as rassiste uitgebeeld, toe die video bekendgemaak is. Die staat staan borg teen, en sê die mans is nie veilig buite die gevangenis nie, omdat die gemeenskap hulle mag bedreig.

-Bloemfontein Courant