Dienslewering van VS -regering onder die loep

0
290
Voorsitter van die paneel, voormalige president Kgalema Motlhanthe. Foto: Cathy Dlodlo

Swak dienslewering, die tekort aan medikasie by klinieke op die platteland in die Vrystaat en die erkenning van die KhoiSan-gemeenskappe is van die klagtes wat vandag aangehoor is.

‘n Volgepakte stadsaal in Bloemfontein het vanoggend laer getrek by die Openbare Verhore deur die hoëvlakpaneel wat deur die nasionale parlement aangestel is om met inwoners regoor die land te vergader. Die paneel het vanoggend sy derde provinsiale verhoor in Bloemfontein afgeskop.

Voorsitter van die paneel, voormalige president Kgalema Motlanthe, sê ‘n verslag oor die verhore gaan na verwagting vroeg volgende jaar ter tafel gelê word.

Cathy Dlodlo/Courant-nuus