Die SA skrywer,Dot Serfontein, sterf

0
817

Die Afrikaanse skrywer van kort- en kontreiverhale, Dot Serfontein, is vanoggend in die ouderdom van 91 oorlede. Haar seun, Willem Krog, het by navraag gesê sy ma is op Kroonstad in die Vrystaat in ‘n selfsorg-aftreeoord in haar slaap oorlede. Krog het op sy Facebook-blad aangekondig dat sy ma oorlede is. Hy het geskryf “vir die familie het die aarde geskuif, onherroeplik.”  Serfontein se dogter is die veelbekroonde digter, Antjie Krog. Sy het onder die skuilnaam S.J. Nasau en Luca Fick geskryf. Willem sal later ‘n huldeblyk aan sy ma met Bloemfontein Courant  deel.

‘n Groot gees in Suid-Afrikaanse musiekgeledere, die bekende trekklavierspeler en liedjieskrywer, Nico Carstens, is Dinsdag oorlede. Hy het in Februarie vanjaar sy 90ste verjaardag gevier. Die 80-jarige rolprentmaker, Jans Rautenbach is in die Bay View-hsopitaal in Mosselbaai weens komplikasies na longontsteking dood. Die 80-jarige, Clive Derby-Lewis, wat aan longkanker gely het, is gister in die Life-Eugene Marais-hospitaal in Pretoria dood.  – Christal-Lize Muller