Die 2016 Munisipale Verkiesing is hier

0
629

 

Dit is D-dag. Altesaam 26,3-miljoen geregistreerde Suid-Afrikaanse kiesers kan van 07:00 tot 19:00 vanaand hul stemme in die 2016 Munisipale Verkiesing uitbring.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), sê daar is meer as twee en twintig duisend ses honderd (22 600) stemlokale oor die land heen. Hoofverkiesingsbeamptes in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes sê opgeleide OVK-beamptes is op hul poste en slaggereed.

Die OVK in die Vrystaat se Jabulani Tshabalala, sê 1,4 miljoen mense het in die provinsie geregistreer om by meer as ennd duisend vyf honderd (1 500) stemlokale te gaan stem. Hy moedig kiesers aan om na hul naaste stemlokale te gaan waar hulle geregistreer is.

Tshabalala vra mense om in hul massas op te daag om hul demokratiese reg as Suid-Afrikaners uit te oefen. Geregistreerde kiesers moet stem vir kandidate van politieke partye van hul keuse wat hulle glo ‘n diens aan mense op munisipale vlak te lewer.

Die hoofverkiesingsbeampte in die Noord-Kaap, Bonolo Modise, sê OVK-beamptes is oorgehaal om die meer as 610 000 geregistreerde kiesers in die provinsie behulpsaam te wees.

 

Hy vra kiesers moet vroegtydig gaan stem omdat stemlokale nie soos voorheen tot 21:00 oop gaan wees nie.

Die OVK in Noordwes se hoof-verkiesings-beampte, Tumi Thiba, sê meer as 13 000 OVK-beamptes by die meer as 720 stemlokale in die provinsie is goed opgelei.

Verkiesingsbeamptes in die provinsie sal hul goed van hul taak kwyt, maar mense moet ook geduldig wees, vra sy. – Christal-Lize Muller