Deon Meyer bring Koors na Bfn

0
1455
Deon Meyer

Die gevierde skrywer, Deon Meyer, se nuutste roman, Koors, het pas verskyn en Bloemfontein is een van die eerste plekke waar Meyer persoonlik sy nuutste speurverhaal kom bekendstel.
Op 10 Augustus om 18:00 sal dr. Francois Smith met Meyer oor Koors gesels by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum (Naln) , hoek van Merriam Makeba-, voorheen Elizabeth-, en Pres. Brandstraat. Meyer se manuskripte uit die Naln-manuskrip-versameling sal ook uitgestal word.
Koors speel hoofsaaklik af by die dorpie Vanderkloof – nou Amanzi – langs die Vanderkloofdam aan die Oranjerivier. Dit is die plek wat die hoofkarakter, Nico Storm, se pa kies om ‘n nuwe gemeenskap te vestig, nadat ‘n virus meer as negentig persent van die wêreld se bevolking uitgewis het.
Twee van die grootste redes waarom Willem Storm Vanderkloof gekies het, is omdat die dorp hoog in die heuwels lê en maklik verdedig kan word, en omdat dit oor hidro-elektrisiteit beskik.
Dit is ‘n aksiebelaaide nuwe rigting vir Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.
Dit is gratis om die bekendstelling by te woon. Bevestig jou bywoning by lochlogan@exclusivebooks.co.za of 051-406-7560.
Vir meer inligting, kontak Leana Lategan by 082-750-9177 of Nola Doré by nola.naln@sacr.fs.gov.za.

koors