Dansskool dans in hul taal

0
1151
Dansers van Shake It Dance & Fitness Studio wat die naweek aan die finale van die Dans in jou taal-kompetisie deelneem.

Dans in jou taal is die eerste televisie-danskompetisie vir dansskole regoor Suid-Afrika wat vroeg volgende jaar op kykNET uitgesaai word. Deelnemers neem egter reeds kompeterend deel en eerskomende naweek sal daar in die finale uitdunronde van die kompetisie meegeding word. Die plaaslike dansskool, Shake It Dance & Fitness Studio, het ‘n senior en junior dansgroep wat Saterdag alles in die stryd sal werp om as kampioene gekroon te word. Plaaslike ondersteuners kan hulle gerus op Facebook by Shake It Dance & Fitness Studio volg. Volgens Natascha Oosthuizen van die dansskool, sal die SMS-lyn se nommer op die skool se Facebookblad verskyn sodra dit aan hulle bekendgemaak word. Belangstellendes word gevra om te stem en so te help verseker dat hierdie Bloemfonteiners as die wenners wegstap.