‘Daar is altyd hoop, want daar is altyd liefde’

0
913
Marisan PHOTO: PIERCE VAN HEERDEN

Die lewensreis neem ‘n nuwe rigting wanneer ons bewus word van die krag van onvoorwaardelike liefde wat elke oomblik in ons hart woon. Hierdie bewustheid begin ‘n nuwe benadering tot die lewe, wat lei tot persoonlike vrede, natuurlike harmonie en ware innerlike rykdom.
Só meen Marisan, ‘n Bloemfonteinse digteres, wat binnekort haar digbundel, Ster Ding, bekendstel.
Ster Ding beloof om liefhebbers van poësie op ‘n buitengewone reis deur die lewe te neem – net soos ‘n mens die reis van liefde ervaar.
“Die digbundel begin by my as jonger mens. Die eerste gedig in die bundel is reeds in 2001 geskryf. Partykeer het mens nie die regte woorde om te beskryf hoe jy voel nie. In hierdie digbundel, wat gefokus is op liefde en die soeke daarna, sal lesers van alle ouderdomsgroepe iets vind wat hulle kan help in hul soeke.
“As ons hierdie onbeperkte liefde bewustelik uitdruk, verander dit ook die samestelling van die samelewing. Alles en almal word opvallend beïnvloed deur hierdie energie, want ons beweeg deur ons daaglikse lewe met elke stap en ontmoeting met mekaar,” sê Marisan.
Ster Ding word op Saterdag 23 September 2017 om 10:30 by 59Plenty en weer op Saterdag 30 September 2017 om 16:30 by Boudoir Boutique Bar bekendgestel.

– Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za