Central Radio Flyers betower met vliegtalent en modelle

0
649
Theo Potgieter maak gereed om met sy Skymaster Viper Jet te vlieg. Foto: André Grobler

Lede van die ‘Central Radio Flyers’, ‘n klub vir mense wat radiobeheerde vliegtuie en ander vaartuie vlieg, het gister oud en jonk met hulle vliegvaardighede en kleurvolle vliegtuigmodelle in Bloemfontein betower. Die klub het ‘n “fly-in” gehou en die publiek genooi vir die dag.

IMG_1969

‘n Klub-lid, Wynand Swart, sê sowat 100 vliegtuie het aan die dag deelgeneem en is vertoon. Hy sê die aantrekking tot dié sport is ‘n liefde vir vlieg.

IMG_1963 (2)

Nog ‘n klublid en vlieënier, Theo Potgieter, het die toeskouers met sy Skymaster Viper Jet beïndruk. Dié modelvliegtuig kan tot 300 kilometer per uur vlieg.

André Grobler/Courant Nuus
   andreg@centralmediagroup.co.za