Central Canvas vier 10 jaar in bedryf

0
351
Die suksesvolle Central Canvas-span.

Central Canvas is ‘n familiebesigheid met ‘n nederige begin. Die eerste seil wat verkoop is, is in motorhuis sonder enige luukse toerusting vervaardig. Vandag is die onderneming 10 jaar in die bedryf en een van ons land se grootste vragmotorseilverskaffers. Tot op datum het Central Canvas reeds 140 000 lopende meter se materiaal verwerk en ‘n kliëntebasis opgebou wat van Kaapstad tot in Johannesburg en selfs Lesotho strek.
Die seilverskaffersaak het verlede jaar sy eie perseel in Hamilton gekoop waar werk aan ongeveer 30 mense verskaf word.
Daar is onlangs ‘n groot makietie gehou om die 10de bestaansjaar en die groot mylpaal wat bereik is, te vier. Verskaffers en kliënte is bederf met ‘n spitbraai onder ‘n markiestent by Tuff Tops Estate net buite Bloemfontein. Uitstallers soos Volvo, Trailord SA en Afrit se nuutste produkte kon besigtig word.
Besoek gerus vir Central Canvas by George Lubbestraat 5, Hamilton, of skakel 051-435-4955.