Burgerregtegroepe gereed vir enige UV-hofaksie

0
355

Burgerregtegroepe, AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit, is gereed om die Afrikaanse taalregte aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) te beskerm in enige verdere hofgedinge. Die adjunk- hoof uitvoerende amptenaar, Alana Bailey, sê die Hooggeregshof se uitspraak in hul guns het dit baie duidelik gestel dat die universiteit ‘n verantwoordelikheid het om meertalige onderrig te hê. Verder het die hof beslis dat dit wel moontlik is om met Afrikaanse onderrig by dié universiteit voort te gaan. Die burgerregtegroepe het ‘n hofbevel gekry teen die instel van die UV se nuwe beoogde taalbeleid vir 2016, naamlik om die hoofstroom-onderrigtaal Engels te maak. Bailey het gereageer op berigte dat die UV in die Grondwethof en die Appèlhof gaan appelleer. Solidariteit se hoof van die Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, Anton van der Bijl, het ook in reaksie gesê dit is jammer dat die UV, ongeag van die gemeenskap se belange, regte en versoeke vir meertalige onderrig, voortgaan om sy eensydige belange op die gemeenskap af te dwing. – andreg@centralmediagroup.co.za

André Grobler / Bloemfontein Courant