Brebner-leerders reik uit na blindes

0
646
Brebner-leerders reik uit na blindes

Graad 9-leerders van die Hoërskool Brebner het onlangs geskenkies aan die lede van die Rendevouz-groep, ‘n sosiale groep van die Vereniging vir Blindes, tydens ‘n besoek aan Oliewenhuis oorhandig. By hierdie geleentheid het van die siggestremde persone aan die leerders meer vertel oor die leefwêreld van ‘n blinde en hoe om altyd voorkomend op tree as dit kom by die versorging en beskerming van jou oë. Lede van die groep sowel as die leerders het die oggend baie geniet.