Brandweerwaens ‘n lewenslange passie vir ‘Oom Bob’

0
792
Mnr Bob Hornsby staan regs onder op die foto: Foto: André Grobler.

Die Mangaung-metro se Brandweerdiens besit een van die grootste en omvattendste versamelings ou brandweer- en noodvoertuie in die land. Van tyd tot tyd word hierdie ou rooi strydrosse afgestof en reggetrek vir ‘n fotosessie, soos onlangs by die Bloemfonteinse sentrale brandweerstasie.

Danksy ‘n jare lange vriendskap tussen die Mangaung-metro se Brandweerdiens en Bob Hornsby, ‘n brandweerwa-entoesias, is van die ou brandweervoertuie weer opgekommandeer vir ʼn fotosessie soortgelyk as die een wat in 1976 plaasgevind het.
Die neem van foto’s en aanteken van brandweervoertuie van Bloemfontein en ander brandweerstasies oor die land heen deur die 78-jarige Hornsby, sedert die 1950s, is ‘n belangstelling van hom sedert sy kinderjare.

Hornsby of “Oom Bob”, soos die brandweermanne hom noem, het as kind oorkant ʼn nooddiensstasie gewoon en het baie tyd by die noodvoertuie deurgebring waar sy ouers hom gereeld gaan soek het.

Hy het sy eerste foto’s van brandweerwaens met ‘n ou bokskamera geneem. Oom Bob het ʼn voorliefde vir Europese brandweervoertuie en beskou die Amerikaanse voertuie as “oordoen”. Ander Suid-Afrikaanse stede wat oor die jare van Europese brandweerwaens gebruik gemaak het, was Durban, Kaapstad, Port Elizabeth, Oos-Londen en Grahamstad.

Foto: André Grobler.
Foto: André Grobler.

Die foto is Sondag 11 September 2016 geneem. (Foto bo.)

Foto: Bob Hornsby
V.l.n.r. – Die International V8 met ‘n 30m-skuifleer wat geskik is om hoogtes van tot tien verdiepings te bereik; ERF84RS is ‘n brandweerwa met ‘n Rolls Royce-enjin; ‘n Dennis F38-brandweerwa met Rolls Royce-enjin; ‘n Dennis F-reeks-brandweerwa met ‘n Rolls Royce-enjin; ‘n Chevrolet-reddingsvoertuig. Die voertuie het in 1976 almal diens gedoen by die sentrale brandweerstasie in Bloemfontein. Van 1912 tot 1980 het die Bloemfonteinse brandweerwaens nie nommerplate gehad nie. Hulle staan ook voor in die ry op die nuwe foto. Foto: Bob Hornsby

Die foto is in 1976 deur Hornsby geneem. (Foto bo:)

Mangaung-metro se Brandweermuseum: Die Manguang-metro se Brandweerdiens is in 1897 gestig en het in 1912 die eerste motoraangedrewe brandweerwa gekoop. Die diens het die trotse rekord dat, met die uitsondering van twee voertuie, al die brandweerwaens wat deur die jare gebruik is nog in veilige bewaring is.

Fotos: André Grobler.
Fotos: André Grobler.

img_1244 img_1286

Dié museum is die grootste brandweermuseum in die land met meer as 20 antieke brandweerwaens, asook ou burgemeestersmotors, ‘n verkeersmotorfiets, stoomenjins, brandweertoerusting, foto’s en nog baie meer. Die museum kan per afspraak besoek word en ontvang jaarliks ongeveer 10 000 besoekers. Besprekings is noodsaaklik: Kontak Braam van Zyl 051-405-8730 of 084-818-9144 of braam.vanzyl@mangaung.co.za. – andreg@centralmediagroup.co.za

André Grobler/ Bloemfontein Courant