Boyden Sterrewag nooi publiek

0
1515
Boyden Sterrewag

Die Vriende van Boyden Sterrewag en die Astronomical Society of South Africa (Assa) in Bloemfontein nooi die publiek vriendelik uit na hul ope aand op Saterdag 10 Desember 2016 by die Boyden Sterrewag langs Maselspoort. Die program begin om 18:00 met gesinspret met wiskunde en wetenskap in Family Math and Science (Gr. 1 – Gr. 7). Bespreking hiervoor is noodsaaklik. Belangstellendes kan hul name en ouderdomme na hoffmamj@ufs.ac.za of 083-625-7154 stuur. Bespreking sal bevestig word.
Tussen 19:00 en 19:30 kan besoekers Boyden se 1.5 m-teleskoop van naderby besigtig en die Boyden-museum besoek.
Om 19:30 is daar ‘n aanbieding oor “Somer-konstellasies” by die Boyden-ouditorium. Vanaf 19:45 sal daar waarneming deur teleskope wees sowel as kort video’s.
Toegang is R50 per voertuig. Die kinderprogram (addisionele R10 per kind) begin om 18:00 en die res van die program om 19:00.