Boere dankbaar en hoopvol vir reën

0
320

Boere in die droogtegeteisterde gebied van Brandfort in die Vrystaat is hoopvol dat goeie reën verligting gaan bring. ‘n Boer in die distrik, Boeta van der Wath, sê verskeie boere van die John’s Gift-landbouvereniging, en ander belanghebbendes, is vanoggend byeen om ‘n verootmoedigingsdiens te hou. Hy sê die diens bied aan boere die geleentheid om hul dankbaarheid te toon vir droogtehulp wat hulle vanjaar al ontvang het.

Boere van die landbouvereniging is dankbaar vir voerskenkings van Voermol en Vrystaat Landbou. Veevoer en lekke is geskenk.

Hy sê boere gaan ook bidd vir reën bid, want al het dit nog nie in die gebied gereën nie, is daar goeie vooruitsigte.

Van der Wath sê dit is bewolk in die Brandfort-distrik en dit drup saggies vanoggend. Daarmee saam waai die wind in die regte rigting. “Ons glo en vertrou ons reën gaan kry.” Boere hou vas aan die Here vir uitkoms. Hy is hoopvol dat boere ‘n goeie oes vanjaar gaan hê.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê daar is ‘n 60% moontlikheid vir buie en donderbuie oor die hele Vrystaat vandag. – Christal-Lize Muller