Bloemfontein schools perform

0
195

Fichardtpark-Hoofleiers

 

Die Hoërskool Fichardtpark se hoofleiers vir 2018 is van links De Vries Cornelissen (onderhoofseun), Aldo van der Westhuizen (hoofseun), Danica Windt (hoofmeisie) en Marili Oberholzer (onderhoofmeisie).

 

Willem Postma-Voortrekkerkommando vereer

Die Vader Visser-Voortrekkerkommando van Willem Postma Primêre Skool het tydens die vierjaarlikse kongres in Bloemfontein ‘n hoofleierstoekenning ontvang vir 55 jaar se toewyding tot die ontwikkeling van die Afrikaner-jeug. Hier is Cornel Jordaan, kommandoleier van Willem Postma.

Sentraal-Fietsry

Leerlinge van die Hoërskool Sentraal se eerste bergfietsryspan het van 6 – 7 Oktober aan die Nasionale Kampioenskap in Magaliesburg deelgeneem. Dit is die eerste keer dat Sentraal deurdring tot nasionale vlak. Van links is: Stian Schoeman, Etienne Burger, Johann Coetzee, Marco Reitz, Hercules Nel, Chanté Olivier (sy behaal ‘n 1ste plek en kry die trofee vir beste sub-junior meisiesbergfietsryer in die land).

Sentraal-Netbal

Die Hoërskool Sentraal se 1ste netbalspan het deelgeneem aan die Fast 5 SA Challenge van 2 – 3 Oktober. Hulle verloor teen Ben Vorster in die finaal en eindig 2de in Suid-Afrika. Van links is Zelda Jordaan, Celine Els, Coreen Hechter, Roné Hertzog, Minelise Reynders, Xandri Fourie, Nicola Hefer,
Lu-Zahn Janse van Rensburg en Melissa Boshoff.