Bloemfontein-man oorleef nadat sy onderlyf in sementmenger beland

0
1151

‘n 28-jarige man van Bloemfontein wat vir ongeveer drie ure in ‘n sementmenger vasgevang was, het merkwaardig oorleef.

ER24 se Russel Meiring sê die man is in ‘n ernstige toestand na die Pelonomi-hospitaal geneem nadat sy voete in ’n sementmenger beland het.

Hy sê die insident het vroeg vanoggend by ‘n fabriek in Estoire plaasgevind. Dit is tans onseker hoe die ongeluk gebeur het. Volgens Meiring het die man ernstige inwendige beserings opgedoen.

“Paramedici van ER24 en die brandweerdienste het die man op die toneel gekry waar hy vasgevang was. Verskeie mediese personeel het ywerig saamgewerk om die man los te kry. Hy is op die toneel behandel en dadelik na die hospitaal gebring waar hy behandeling ontvang,” sê Meiring.

Mark Steenbok- Courant News