Bfn-saak teen Malema tot volgende jaar uitgestel

0
184
Die EFF-leier, Julius Malema buite die hof vandag. Fotos: Mark Steenbok
Die saak teen die leier van die EFF, Julius Malema, is vandag in die Bloemfonteinse landdroshof  tot volgende jaar, 5 Junie uitgestel.

Hy word daarvan aangekla dat hy die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956 oortree het.

Dit volg nadat hy EFF-lede in 2014 in Bloemfontein, tydens die party se verkiesingskongres, aangemoedig het om grond onwettig te beset. AfriForum het ‘n klag teen Malema gelê.

eff2

Bloemfonteinse hooflanddros, MD Hinxa, het Malema op eie verantwoordelikheid vrygelaat hangende ‘n appèlaansoek teen ‘n soortgelyke klag teen Malema in Newcastle in KwaZulu-Natal.

Die appèl is om die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956 te toets.

Honderde EFF ondersteuners het vandag voor die hof byeengekom.
Honderde EFF ondersteuners het vandag voor die hof byeengekom.

Verskeie EFF-leiers het honderde ondersteuners buite die hof toegespreek. Malema het sy ondersteuners weer eens aangemoedig om onbewoonde grond te beset.

Volgens Malema is hy teen enige vorm van geweld, hy kan egter nie voorspel wat in die toekoms gaan gebeur nie – aangesien hy, in sy woorde, nie ‘n profeet is nie. Malema sê hy is nie VIR versoening maar, maar vir geregtigheid.

Die EFF leiers reg om ondersteuners toe te spreek.
Die EFF leiers reg om ondersteuners toe te spreek.

Hy voeg by dat hy niks teen witmense het nie, maar het in dieselfde sin voortgegaan om te sê Afrikaner mans sal hulle “plek moet ken” sou die EFF oorneem.

Mark Steenbok en André Grobler