Bfn polisie hou wakende oog oor Macufe

0
621
www.bloemfonteincourant.co.za

Die polisie in Bloemfontein sê daar is in hierdie stadium nog geen ernstige voorvalle by die Mangaung Cultural Festival (Macufe) by hulle aangemeld nie.

Dié 19de jaarlikse Macufe-fees het reeds verlede Sondag begin en duur tot môre. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, rig egter steeds ‘n waarskuwing aan die duisende besoekers en feesgangers.

Daar is reeds met intensiewe operasies begin om misdadigers vas te vat. Die polisie fokus veral op dronkbestuur, roekelose bestuur en drink in die openbaar.

Padversperrings en partrollies word ook by verskeie brandpunte in die stad opgestel. Marope sê die polisie monitor steeds die situasie om en rondom die fees.

Die polisie in Bloemfontein en in omliggende townships het ook vroeër motoreienaars gewaarsku om op hul hoede te wees vir diewe wat by geparkeerde motors inbreek.

Polisiewoordvoerder in Mangaung, Ikboeng Hlubi, sê daar is die afgelope tyd ‘n toename in voorvalle waar waardevolle goedere uit motors gesteel is wat in baie gevalle oornag en veral oor naweke in strate of by winkelsentrums geparkeer is.

Sy sê die voorvalle kom in Rocklands, Mafora, Joe Slovo, Bochabela en Phahameng voor.

-Mark Steenbok