Bekende in plaaslike hardloopkringe gegroet

0
593
Die bekende plaaslike atleet, Fanie Hern.

Die bekende plaaslike atleet, Fanie Hern, is op 24 Januarie in die ouderdom van 71 jaar oorlede ná sy roetine-oefenrondte om 4:45 elke oggend. Hern het in 2013 op 68-jarige ouderdom ná ‘n beroerte besluit om te begin hardloop en aan sy eerste 5km-pretdraf deelgeneem. Kort daarna het hy 10km-wedlope aangepak en goeie tye aangeteken. Verlede jaar het hy sy eerste 21.1km in 2 uur 52 minute voltooi. Hy het twee keer die Engen na Engen-wedloop voltooi. Hern het die vorige Woensdag nog aan die Bloemfontein Striders-wedloop deelgneem en dit binne ‘n uur voltooi. Sy volgende mikpunt was die 21.1km-Kloppers-wedloop in Februarie. Hern word oorleef deur sy lewensmaat, Nellie, drie susters, kinders (Zeldalene, Charlene, Frans en Gys) en kleinkinders (Mathew, Jourdain en Dakota).