Sport News

Hillandale en Bethulie bo in SVS-senior rolbalviere

Die rolbalspan van Hillandale het met die Suid-Vrystaatse titel in die senior vierekampioenskappe op Oudskoliere se perke in Bloemfontein weggestap. Hier is die kampioenspan van links: Anna Hilder (skip), Rina Pienaar, Annemarie Jordaan en voor: Engela Etzebeth.
Die rolbalspan van Hillandale het met die Suid-Vrystaatse titel in die senior vierekampioenskappe op Oudskoliere se perke in Bloemfontein weggestap. Hier is die kampioenspan van links: Anna Hilder (skip), Rina Pienaar, Annemarie Jordaan en voor: Engela Etzebeth.
Spanne van ses verskillende rolbalklubs het deurgedring na die halfeindronde van die Suid-Vrystaatse senior vierekampioenskappe vir mans en vroue op die perke van Oudstudente in Bloemfontein. Die mededinging was straf en uithalerspel is deur die spelers opgedis. In die eerste halfeindstryd van die vroue-viere het Hillandale onder aanvoering van Anna Hilder teen die span van Brenda Snyman van Bloemfontein te staan gekom en dit was die Hillandale-span wat na die eindstryd deurgedring het.

In die ander halfeindstryd kom Annie Potgieter se span van Aliwal-Noord teen Lucia Olivier se span van Orangia te staan en Orangia hak die knoop deur. In die vroue-eindstryd het Hilder saam met Engela Etzebeth, Annemarie Jordaan en Rina Pienaar goed gekombineer om Hillandale teen Orangia se span, Olivier, Olga Bouwer, Ria Krige en Elma Pretorius, 23-19 te laat seëvier.
In die halfeindronde vir mans het die tuisspan van Oudstudente onder leding van Tewie Wessels teen die span van Bethulie met Aubrey Veldtmann as skip te staan gekom. Die spanne het mekaar goed opgekeil voordat Bethulie na die eindstryd deurgedring het.
In die ander halfeindstryd het Bloemfontein onder aanvoering van Willie Bernard teen Flip Steyn se Orangia-span gekom. Orangia het deurgedring.

In die eindstryd het die Bethulie-span, Veldtmann, Denwill Collett, Arthur Bennett en Cecil Simon teen die Orangia-span bestaande uit Steyn, Johan Bester, Clive Eddles en Heins Seebach te staan gekom. Bethulie het die wedstryd 28-27 in sy guns beklink.
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan