School News

VS/NK junior gholfspanne gekies ná Clarens Junior Ope

Du Toit Fourie van Grey Kollege in Bloemfontein is hier kliphard aan die oefen vir die Visrivier Uitdaagtoernooi vir juniors nadat hy vir die Vrystaat en Noord-Kaap se o.13-gholfspan gekies is. FOTO: GEORG VAN ECK
Du Toit Fourie van Grey Kollege in Bloemfontein is hier kliphard aan die oefen vir die Visrivier Uitdaagtoernooi vir juniors nadat hy vir die Vrystaat en Noord-Kaap se o.13-gholfspan gekies is. FOTO: GEORG VAN ECK
GEORG VAN ECK

Die mededinging tussen die junior gholfspelers van die Vrystaat en Noord-Kaap was straf in die Clarens Junior Ope. Die junior spanne, wat die unie nasionaal gaan verteenwoordig, is ook ná afloop van dié toernooi bekend gemaak. Juran Dreyer het Thinus Roslee en MW de Wet geklop om met die Ope-titel weg te stap. Die drie spelers tel saam met Therion Nel en Attie van Wyk onder die top vyf op die verdienstelys.

Dreyer (222), het ook die o.19-afdeling gewen met MW de Wet (223) in die tweede plek en Christoper Hibbert (226) in die derde plek.
In die o.17-afdeling het Thinus Rosslee (222) eerste geëindig gevolg deur Attie van Wyk (225) en Ruan Pretorius (229).
Soos gebruiklik het die meisies mekaar goed opgekeil. Leanda Schulze (240) het die beste gevaar gevolg deur Matseleng Mokoena (243) en Chante van Zyl (243). Die ander wenners is Wilco Nienaber (o.15, 238), Boela Delport (o.11, 153). Juniors van die Sentrale streek slaan die naweek in die Nomads Junior Ope op die baan van die Bloemfontein-Gholfklub af. Dit is ook die toernooi waarin skolespanne van die sentrale streek van die Vrystaat kan kwalifiseer vir die eindronde van die VS/NK-skoleliga wat op 19 Mei tydens die Glacier Junior Ope beslis sal word.

Die spanne, wat die Vrystaat en Noord-Kaap in die Suid-Afrikaanse o.19-kampioenskappe in Benoni, die Visrivier-uitdaagtoernooi en die Suid-Afrikaanse Kleingoed- uitdaagtoernooi (o.11) op die baan van die Kyalami-buiteklub sal verteenwoordig, is: Die top vyf-spelers, wat aan Verdienstelys-toernooie en aan die SA o.19-kampioenskappe deelneem, is: 1. Juran Dreyer, 2. Therion Nel, 3. Thinus Rosslee, 4. MW de Wet en 5. Attie van Wyk. Die o.15-span, wat in die Visrivier-uitdaagtoernooi in aksie sal wees, sluit twee meisies, Chante van Zyl en Chante de Lange, in. Die span is: 1. Wilco Nienamber, John Craven, 3. Leon van der Walt, 4. Joubert Breytenbach, 5. Chante van Zyl, 6. Leander Snyman, 7, JP van der Walt, 8. Chante de Lange. Die o.13-span vir die Visriver-uitdaagtoernooi is: 1. Christiaan Burke, 2. Llewellyn Booysen, 3. Charles Pieterse, 4. JJ Pretorius, 5. Willem Gresse, 6. Remon Rabie.
Die o.11-span Vir SA Kleingoed-uitdaagtoernooi op Kyalami is: 1. SG Delport, 2. Franco van Deventer, 3. Jean-Pierre Fourie, 4. Boela Delport, 5. Dian Fourie, 6. Du Toit Fourie.
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan