School News

HTS Louis Botha maak skoonskip in sewesrugby

Die sewesrugbyspan van HTS Louis Botha in Bloemfontein het met uithalerspel die titel in die Dihlabeng Bethlehem-toernooi by die Hoop Bethlehem verower. Vier van die span se spelers, Dale Koopman, Refiloe Rampeta, Olwethu Ndakisa en Luke Ceyster, is ook gekies vir die Dihlabeng Bethlehem-sewesspan wat in Desember aan ’n toernooi in Dubai gaan speel. Die voormalige BlitsBok-kaptein van die Vrystaat en sewesafrigter, Neil Powell, het die span help kies. Hier is die wenspan van links, agter: Waseem Galant, Victor Maruping, Dale Koopman, Ali Ngigima, Thando Malalangqua, Toolo Masego en Patrick Mbangi; middel: Refiloe Rampeta, Sherwin Cupido, Olwethu Ndakisa en Luke Ceyster; voor: Sheldon Fortuin. FOTO: HANRIE CLOETE

GEORG VAN ECK

Die sewesrugbyspan van HTS Louis Botha in Bloemfontein het sterk aanslae afgeweer in die Dihlabeng Bethlehem-sewestoernooi op Bethlehem om met die titel weg te stap. Veral die kragmetings in die halfeindrondte en eindstryd was taai. Die Bloemfonteiners, wat deur Corne Erasmus en Jan Gouws en Johan van der Sandt gebrei word, het egter enduit vasgebyt om die titel te verower.
In die halfeindstryd het HTS Louis Botha die gasheerspan van die Hoërskool Voortrekker 17-15 geklop. In die eindstryd het die Bloemfonteiners teen die sterk span van Hoërskool Hentie Cilliers van Virginia te staan gekom, maar HTS Louis Botha het weer die knoop 26-24 deurgehak.

Die uitstekende spel van die kampioen is beloon deurdat vier van HTS Louis Botha se spelers, Dale Koopman, Refiloe Rampeta, Olwethu Ndakisa en Luke Ceyster, gekies is vir die Dihlabeng Bethlehem-sewesspan wat in Desember aan ’n toernooi in Dubai gaan speel. Die voormalige Blitsbok-kaptein van die Vrystaat en sewesafrigter, Neil Powell, was een van die keurders wat die span na Dubai gekies het.

HTS Louis Botha het op die toernooi ook met die spanne van Sarel Cilliers van Glencoe (26-10), Witteberg van Bethlehem (33-5), Middelburg van Mpumalanga 31-5 en Brandwag van Uitenhage 15-7 afgereken.
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan