School News

Van Aswegen maak NOTC4 debuut

Capie van Aswegen
Capie van Aswegen
Die vierde Night of the Champions (NOTC4) gemengde gevegskuns (MMA) toernooi sal hierdie Saterdagaand by die Tempe-binnehuissentrum Bloemfonteiners bederf met meer as tien top amateurgevegte. Courant het gesels met een van die stad se bakleiers wat sy MMA debuut by NOTC4 sal maak wanneer hy die agtkant binnegaan.

Die 32-jarige Capie van Aswegen (1.81m, 105 – swaargewig) is werksaam by Transnet en hoewel hy ’n nuwe gesig in die MMA wêreld is, kan hy boks en hard lak op die rugbyveld. Hy het nie net ’n boksagtergrond van drie jaar se ervaring by Schoemanpark nie, maar hy is ook ’n voormalige rugbyspeler van Griekwas en Griffons. Sy belangstelling in MMA het egter gekom weens sy vriendskap met Donovan Hawkey, ’n bekende in die sportsoort.

“Ek en Donovan het al so bietjie saam geoefen en hy wou my lank reeds by MMA inkry,” vertel Capie. “Maar ek voel nou eers reg daarvoor.”Capie oefen tans by die Warriors Gym in Hilton by die wêreldkampioen Juan Bezuidenhout.  Dus kan Capie se gevegstyl as ’n boks- en muay thai-kombinasie beskryf word, wat hom ’n gevaarlike teenstander in ’n staande geveg sal maak. Buiten vir die feit dat hy sy debuut Saterdagaand maak, meen Capie die geleentheid behoort ’n ‘eye-opener’ vir mense te wees oor wat werklik by MMA aangaan.

“Dit is nie satanisties of iets nie, net sport. Baie bekende Bloemfonteiners baklei ook daar en ek dink dit sal goed wees vir mense om dit live te kan sien en nie net op TV nie,” sê hy.
Vir meer inligting oor die kaartjieverkope van NOTC4 kontak gerus die organiseerders by 083-612-8590.
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan