Thought for the Week

Wie beheer my lewe?

Stephan van Heerden

Ons voel soms oorgelewer aan die nukke en grille van die lewe. Die uitdaging is om jouself só te leer ken dat jy sal besef wie jou lewe beheer. Mense wat altyd oorgelewer is, en afhanklik is van ander se emosies en optrede vir goedkeuring, vind dit moeilik om gelukkig te wees sonder die terugvoer van ander. Hulle neem dus nooit verantwoordelikheid vir hul eie geluk nie. Hulle blammeer ook ander vir foute en verkeerde keuses.

Sukses bring weer die vrees dat hulle iewers hul goeie geluk in die lewe gaan verloor en dan verval hulle maar weer in die ou patrone van ongelukkigheid met hulself en omstadighede.  Daarbenewens is mense wat op hulself fokus en verantwoordelikheid neem vir hulle eie optrede weer minder oorgelewer aan ander se optrede en hulle is verantwoordelik vir hulle eie lewensgeluk. Elke positiewe uitkoms bevestig vir sulke mense dat hulle suksesvol is en dat hulle in hulleself gelukkig kan wees. Foute en verkeerde keuses word geleenthede en nuwe lewensmoontlikhede waaruit hulle leer.

Die volgende aanhaling het my laat dink aan sekere omstandighede en situasies: “When we see ourselves as victims, we are choosing to use our personal power to be helpless.” Nou is die vraag weer: “Wie beheer jou lewe?”

*Van Heerden beskik oor ’n Meestersgraad in Pastorale Terapie. Hy help graag mense met verhouding en ander probleme.
Thought for the Week
You might have heard the story of how my father and mother started Lakewood Church in 1959 in an...
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan