School News

Atletiekrekords spat op Sentraal Top20

Fana Mofokeng van HTS Louis Botha het twee goue medaljes in die naellope op Sentraal se Top20-atletiekbyeenkoms verower. In die 200-naelloop vir seuns o.19 het hy ’n byeenkomsrekord opgestel. FOTO: MORGAN PIEK
Fana Mofokeng van HTS Louis Botha het twee goue medaljes in die naellope op Sentraal se Top20-atletiekbyeenkoms verower. In die 200-naelloop vir seuns o.19 het hy ’n byeenkomsrekord opgestel. FOTO: MORGAN PIEK
MORGAN PIEK

Die 14de jaarlikse NWU-Pukke en Hoërskool Sentraal se Top20-atletiekbyeenkoms in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein het sy reputasie gestand gedoen deur weer uitstekende vertonings te lewer. Vanjaar was die rekords dunner gesaai ondanks die sterk mededinging. Van die vyf rekords wat gespat het, het twee deur Fana Mokokeng van HTS Louis Botha in Bloemfontein en Ruan Brits van Hoër Jongenskool Paarl (Boys High) uitgestaan.

Mofokeng het die eerste rekord laat spat toe hy die seuns o.19 200-naelloop in ’n tyd van 20.54 sekondes afgeblits het. Daarmee het hy K. Kumbane se rekord, wat in 2007 opgestel is, met 0.24 sekondes verbeter. Hy het ook die goue medalje in die korter naelloop verower toe hy dit in 10.59 sekondes gewen het. Dié is net 0.29 sekondes stadiger as die huidige rekord. Mofokeng se seisoendoelwitte is om onder 20.4 sekondes in die 200m te hardloop en om vir die wêreld seniors te kwalifiseer.

Ruan Brits van Paarl het die goue medalje in die seuns o.17 gewigstoot met ’n ongelooflike poging van 19.57m verwerf. Dié afstand het BP Kemp se 2008 rekord met meer as ’n meter verbeter. Brits se vorige persoonlike beste is 18.78m wat hy verlede jaar as ’n 16-jarige opgestel het. Llewelln Hein van HTS Louis Botha het goud in die seuns o.17 100m verower in ’n haastige 10.74 sekondes. Dié tyd is net 0.04 sekondes stadiger as L.J. van Zyl se rekord wat hy in 2001 opgestel het.

Die byeenkomsrekords is:

Karla Bronn (Hoër Meisieskool Bloemhof) meisies o.17 hoogspring - 1.71m.
Ruan Brits (Hoër Jongenskool Paarl) seuns o.17, gewigstoot - 19.57m.
Hesmari Coetzee (Welkom Gimnasium) meisies o.15, 300-hekkies - 43.91 s.
Fana Mofokeng (HTS Louis Botha) seuns o.19, 200m - 20.54 s.
Rese Smit (Paarl Gimnasium) meisies o.17, 200m – 24.70 s.
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan