Sport News

Super 15 - Jaar van Losskakels?

GEORG VAN ECK

Suid-Afrika se spanne begin hierdie naweek met hul aanslag om die heerskappy van die Nieu-Seelanders op die Super 15-rugbyreeks te verbreek en 2013 kan daarom maklik die jaar van die losskakels in Suid-Afrika wees. Vier van Australië se superspanne, Rebels, Brumbies, Western Force en Reds, het reeds gewys oor watter skietgoed hulle beskik. Die span van Sydney, die Waratahs, moet nog wys waartoe hulle in staat is, maar ná die eerste wedstryde lyk dit nie asof die Aussies werklik ’n bedreiging vir die topspanne inhou nie. In Suid-Afrika is die Stormers, Sharks en Bulls die groot aanspraakmakers om die land teen die spanne van Nieu-Seeland en Australië se naam hoog te hou, terwyl die Toyota Cheetahs weer as die span beskou word om die kaarte deurmekaar te krap. Niemand gee die nuweling, Southern Kings, ’n titelkans nie.

Vrydag begin die Bulls met hul aanslag en volgens geluide uit Pretoria wil hulle dit vanjaar ’n Bloujaar in die Super 15 maak, maar die Stormers gaan nie maklik van sy Suid-Afrikaanse titel afstand doen nie en ’n reuse Noord-Suid-stryd word op Loftus Versfeld in Pretoria verwag. Die Sharks kom as gunstelinge die Toyota Cheetahs in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein pak en die wedstryd kan ’n duidelike aanduiding gee wat van die twee spanne verwag kan word. In die twee wedstryde kan vier van die sterkste aanspraakmakers om losskakel vir die Bokke uit te draf waarskynlik in aksie gesien word en hul spel, oordeel en skopwerk kan ook in ’n groot mate die lot van hul streekspanne bepaal (teen drukryd was die beginspanne nog nie bekend nie).

Die Bulls hou by hul beproefde Morné Steyn, die man wat lank die kitaar in die Groen en Goud op losskakel geslaan het, maar dit is juis die ander drie jonger losskakels, Pat Lambie, Johan Goosen en Elton Jantjies, wat sal wil wys dat hulle die spelers is om sy Bok-trui by hom af te neem. Hier in die Vrystaat-stadion is dit nie net ’n stryd tussen twee bulspanne nie, maar die stryd tussen Goosen en Lambie. Die voorspelers se vermoë om goeie balbesit op die voorvoet te wen en hul skrumskakels se spel kan ’n groot rol speel - nie net op die wyse waarop die losskakels hul stempel gaan afdruk nie, maar ook hoe die spanne gaan vaar.
Vir die Toyota Cheetahs is die wedstryd van uiterste belang want hulle vertrek reeds Sondag na Australasië waar hulle die gedugte Chiefs, Highlanders, Force en Rebels wag ’n vuurdoop soos min.
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan