Thought for the Week

Luister en maak ’n verskil

Daar is nogal ’n groot verskil tussen “hoor en luister”. Ek sien dit nogal op die sportveld gebeur. Die afrigter gee die opdrag en laat dit dan aan die spelers oor om die regte besluite uit te voer. Dikwels loop dinge maar skeef. Hulle hoor die woorde van die afrigter, maar die verskil lê in dit wat hulle gaan doen. Op baie terreine in die lewe gebeur dit gereeld. Ons hoor die opdrag en die beloftes, maar ons luister nie na die inhoud daarvan nie. Hiervan lees ek in Jakobus 1:22, “Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie.”

In elke woord is daar dus betekenis en inhoud. Ons moet dus reageer op die woorde van die bybel. Op een of ander wyse is Jakobus van mening dat “luister ons moet beweeg na doen”. Jakobus sien dat ons geluk gekoppel is aan die uitvoer van God se opdragte.
Die vraag is waarna luister ons vandag? Hoe luister ons? Ons behoort dus na die woorde en die inhoud van die bybel te luister en ’n verskil te maak met die keuses wat ons uitoefen in die lewe. Hierdie is die uitdaging vir ’n nuwe jaar!

Ds. Stephan van Heerden
Thought for the Week
Die moderne lewe kan met reg beskryf word as ’n gejaagde tyd. Ons is voortdurend besig en...
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan