Letters/blog

Juweel

Die redakteur,
Dankie vir so ’n juweel om elke Woensdag te lees en u en die redaksie verdien ’n intense dankie.
Hierdie waardering wil ek vergelyk met die boodskap van ’n sonneblom. Ek, en ons, groei soms soos die sonneblom en met sy goudgeel gesig kyk dit na die son om die strale in te drink, totdat Hy self die son van mooiheid en skoonheid in my en ons weerspieël en ons aardse bestaan Sy lof verkondig. Soms lê daar doudrupples op die blare en dit wil die boodskap tuisbring: hoe soet klink die woorde van deernis, begrip, omgee en ’n positiewe lewensuitkyk en sommer die aaklikge gedagte van pes uit die woord pessimisme haal. Voorwaar ’n blom wat hoop en liefde bring – ’n koninklike trots wat die mooiheid van Sy skepping vertel. Die jaar is nog jonk. Mag die goudgeel kleureprag van die sonneblom die donker kant van die lewe oorverf en ’n lig vir die binneste bring. Seënwense,
HANNES ENGELBRECHT

Hannes
Baie dankie, dit is vir ons ’n groot plesier om van lesers te hoor. Ek is baie bly dat jy Courant so geniet. Ons beloof om nog vele gehalte nuus na jou te bring in 2013.
Maricelle
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan