Gardening

Hydrangeas - die kleur van Kersfees

RISNA OPPERMAN

Niks kan Kersfees só voorspel soos Krismisrose in die tuin nie. Hydrangeas lewer van die mooiste trosblomme in helder kleure wat mens sommer lus maak om in die tuin onder ’n boom te kuier. Hulle is beskikbaar in wit, allerhande skakerings van pienk en blou en selfs amper rooi. Dan is daar die gewilde Endless Summer-reeks. Hierdie reeks het ’n baie langer blom periode as die gewone Hydrangea.

Kleurverandering van Hydrangeas word ook baie bespreek en bespiegel. Wit krismisrose bly wit en sal nie sommer verkleur nie.
Pienk Hydrangeas sal wel reageer op alkaliese grond en hoe meer alkalies hoe dieper die skrakering. Dit kan verkry word deur die toediening van Shake and Grow Pink van Efekto of landboukalk by die plante in te werk. Daarteenoor sal blou Hydrangeas se kleur verdiep hoe suurder die grond. Grond kan suurder gemaak word deur Shake and Grow Blue elke vier weke toe te dien of eierdoppe te strooi.

Kleurverandering is nie ’n oornag-proses nie en die grond sal maande lank gestimuleer moet word om die gewenste uitwerking te verkry.

Om Hydrangeas optimaal te laat blom is daar drie goue reëls om te volg:
  • Plant hulle op die regte plek. Krismisrose verkies oggendson en namiddag-koelte. Andersyds halfskadu heeldag.
  • Gereelde voeding is belangrik. Soos met alle plante, veral blomdraende plante sal Hydrangeas goed reageer op maandelikse of sesweeklikse voeding. Shake en Grow of Neutrog Bounce Back is goeie keuses, veral vanaf Augustus tot Desember.
  • Volg goeie en korrekte snoei metodes. In die somer moet slegs die blomme verwyder word. Winter snoei is egter waar die blomdrag bepaal word. Blomme word aan nuwe groei gedra, snoeiwerk moet dus nuwe lote aanmoedig. Snoei eers wanneer die plant heeltemal dormant is – in die Vrystaat bietjie later, eerder as vroeër – so middel tot einde Julie is ideaal. As jy later snoei, sal die blomme nader aan Kersfees vertoon.
  • Verwyder eers alle swak en dooie groeipunte, asook ou en knoetserige houtagtige stingels.
  • Laat tussen vier en agt sterk jong, reguit stele waaruit nuwe groei gevorm kan word.
  • Snoei dit dan terug tot by die eerste harde vet en effens ronde knoppe.
  • Snoei buitenste stingels korter as binneste stingels – dit sal die plant ’n ronder vorm gee.
  • Hydrangeas is beslis ’n aanwins vir enige tuin, veral waar meer gevestigde bome is. Hoewel hulle dormant word in die winter, herstel hulle vinnig in die somer – dus ideaal vir ons klimaat.


Tags: Hydrangeas - die kleur van Kersfees
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan