Wellness

Is dit nie hoogtyd om op te hou rook nie?

MARINÉ JACOBS

Die strop trek al nouer vir rokers. Sigarette word duurder, wette word strenger en die sosiale druk om op te hou rook word al meer. Australië se hooggeregshof het verlede maand ‘n nuwe wetgewing bekragtig wat sigaretverpakking met enige handelsmerke of handelsnaamkleure verbied. Dié wet vereis dat sigarette in olyfgroenpakkies met gru-prentjies wat die gevolge van rook uitbeeld, verpak word. Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi het hierop gereageer deur te sê dat hy sal alles in sy vermoë doen om soortgelyke wetgewing in Suid-Afrika te bewerkstellig.

Dit het baie vrae na vore laat kom, ondere andere of sê ‘n wet nie ‘n skending van menseregte is nie en of dit prakties nog haalbaar gaan wees om te rook. Baie van die eks-rokers met wie Courant gepraat het, het erken dat hulle ophou rook het omdat dit bloot net té ongerieflik geraak het. “Om op te hou rook was die moeilikste ding wat ek in my hele lewe gedoen het,” sê Juanita*, ‘n Bloemfonteinse vrou wat vir 16 jaar lank gerook het. “Die eerste naweek was absolute hel! Wat ek gedoen het was ek het R200 se eetgoed gaan koop, ek het geëet tot ek nie meer kon nie en ek het agtuur in die bed gaan klim.” Peter*, ‘n 31-jarige man wat nou eers vir ‘n maand dié gewoonte gestaak het, vertel dat dit nog geensins makliker is om nie onder die versoeking te swig nie. “Dit is verskriklik moeilik, en nie net as ander mense om jou rook nie. Ek moet myself besig hou met ander goed of lekkergoed eet.

Ek kou die hele tyd kougom!” Rook het ‘n enorme negatiewe impak op ‘n mens se gesondheid. ‘n Bloemfonteinse dokter, Alphons de Witt, sê mense kyk dikwels net in die longkanker-waarskuwings vas en vergeet van al die ander gevolge van jou daaglikse pakkie sigarette op jou liggaam het. “As ‘n mens bedoel was om te rook, sou jy met ‘n skoorsteen gebore gewees het,” lag De Witt. “Waarvoor ons moet kyk is om toestande te voorkom soos emfiseem waar jou long eintlik soos ‘n asmatiese long raak na jare van rook. Die bronchi raak uitgeput en as gevolg daarvan kry ‘n mens ‘n toestand waar die long groter word as wat dit moet en die persoon sukkel dan om die lug uit te blaas.” De Witte sê dat dit ‘n veel groter oorsaak van sterftes onder rokers is as longkanker.

Hy sê dat hoewel dit noodsaaklik is vir elke roker se gesondheid om hierdie gewoonte te staak, is dit nie nodig om dit alleen aan te pak nie. “As ‘n mens sonder medikasie sommer net ophou rook, sal jy ontrekkingsimptome ervaar en die cravings gaan jou onderkry,” verduidelik De Witt. “As jy besluit om op te hou rook, is dit altyd beter om ‘n dokter te konsulteer en dan op medikasie te gaan wat vir jou die proses meer draaglik kan maak.”

Vir raad en wenke om op te hou rook, besoek www.againstsmoking.co.za.


Tags: hoogtyd om op te hou rook
Comment
Be the first to comment on this article
You need to be logged in to comment on articles. If you don't have an account yet, click here to register.

Bloemfontein Courant encourages freedom of speech and the expression of diverse views. The views of users published on bloemfonteincourant.co.za are their own and do not necessarily represent the views of Bloemfontein Courant.
Weather
Currencies
Moon Cycle
US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan