Appèlhof-uitspraak oor Afrikaans ‘n tydelike terugslag: AfriForum

0
411

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, sê die Appèlhof-uitspraak in die guns van die Universiteit van die Vrystaat is ‘n terugslag vir die stand van Afrikaanse onderrig in Suid-Afrika.

Die Appèlhof het ‘n appèl van die UV, teen ‘n Hooggeregshofbevel dat hy nie met die implementering van sy nuwe 2017-taalbeleid mag begin voordat die saak in die howe afgehandel is nie, gehandhaaf.

Die UV sou sy nuwe taalbeleid, met Engels as hoofonderrigtaal op sy kampusse, in 2017 vir ‘n proeftydperk in net drie fakulteite van stapel stuur. Die hof se beslissing beteken die implementering mag voortgaan tot die saak oor die meriete van die besluit van onderskeidelik die UV se Senaat en Raad ten gunste van Engels as primêre onderrigtaal in 2017 aangehoor word.

Adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Alana Bailey, sê hul regspan fokus nou in dié saak op die meriete van die besluite oor die taalbeleid self.

André Grobler