Al hoe meer HOP-huise eienaars in die Vrystaat verkoop hulle huise

0
627

Skoksyfers onthul dat al hoe meer HOP-huis begunstigdes in die Vrystaat hulle huise verkwansel. Volgens ‘n geskrewe antwoord in parlement, het die meeste oordrag van titelaktes lvir HOP-huise landswyd tot en met Junie vanjaar in die Vrystaat plaasgevind.  Menslike Nedersettingsminister, Lindiwe Sisulu sê meer as 62 700 geregstreerde titelaktes in dié provinsie of 33% van huise is na ‘n ander – as die oorspronklike eienaar – oorgedra.

Die geldwaarde van die oordragte beloop meer as R889 000. Sisulu sê die syfers raak egter net oorspronklike begunstigdes, wat wel die titelaktes van die HOP-huis in hulle naam geregistreer het. Die statistieke kan veel erger lyk aangesien daar nasionaal ‘n groot agterstand is met die registrasie van titelaktes. Baie eienaars verkoop ook hulle huise onwettig en nog voor die huis in hulle naam geregistreer is. Die minste oordrag van titelaktes het in die land het in Gauteng plaasgevind. – Cathy Dlodlo