Nege SUT studente weer volgende jaar in hof

0
232
Photo: Mark Steenbok
Die nege studente van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) in Bloemfontein wat in hegtenis geneem is vir hulle beweerde deelname aan protesaksies oor gratis onderrig sal weer volgende jaar in die hof wees.

Die studente het vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle in Oktober vir ‘n onwettige byeenkoms in hegtenis geneem is. Hulle is vroeër op waarskuwing uitgelaat en hulle is ook gewaarsku om nie weer aan betogings deel te neem nie.

Die saak kon nie vandag voortgaan nie, omdat een van die beskuldigdes vandag eksamen skryf. Die klagstaat was ook nie in die hof nie.

Die saak is uitgestel tot 31 Januarie.

-Mark Steenbok