Jou Vermaaklikheidsdagboek vir die week – 3 November 2016

0
314

Die Elna van der Walt Balletskool bring die produksie Frozen, gebaseer op die gelyknamige Disney-film, om 18:00 in die Stadskouburg op die planke. Die oorspronklike drie vertonings is uitverkoop, maar kaartjies is beskikbaar gestel vir die finale kleedrepetisie. Hierdie kaartjies is beskikbaar teen ’n afslagprys omdat dit ’n kleedrepetisie is, daar geen pouse sal wees en daar moontlike regstellings in die vertoning gemaak kan word. Die kaartjies is beskikbaar by die Balletskoolkantoor in Lucas Steynstraat 1, Heuwelsig (kantoorure, Maandae tot Woensdae, 14:00 -17:30). Kaartjies kos R100 en R80 en kan slegs met kontant gekoop word. Vir meer inligting kontak Elna van der Walt by elnaballet@mweb.co.za of 082-462-5507.

3 November

The call has gone out to all golfers and those keen to have a go at the annual MLS Golf day at Schoeman Park. The aim of the day is for colleagues to indulge in a friendly competition to raise funds for a worthy cause. This year, Beudene Daycare for the disabled is the chosen organisation. All teams are welcome, not just those who are affiliated with a business or association. There will be various prizes. Starting time will be 11:00 and the BBS format will be used. Donations are welcome and can be sent to Nadia Koorzen 072-2442606 or mls.bloemfontein@gmail. com.

3 & 4 November

Die Bloemfonteinse acapellagroep, Bliss, hou ’n konsert by 59@Plenty by Gallery on
Leviseur, Dan Pienaar. Kaartjies kos slegs R30 en is by die deur beskikbaar. Die restaurant sal dié aand oop wees. Die musiekgroepe, Take Note en Indomitus, tree as gaskunstenaars op.

4 & 5 November

Daa’ Gaat Die Bruid deur Ray Cooney en John Chapman met Afrikaanse vertaling, verwerking en regie deur Frans Swart is om 20:00 in die Sand du Plessis-teater op die planke. In die rolverdeling is Ana van Achterbergh, Cobus Venter, Debrè Rossouw, Edrien Erasmus, Gert van Tonder, Lieb Bester, Marga van Rooy en Phillru van Achterbergh. Bespreek kaartjies by Pacofs by 051-4477772. Vir groepbesprekings en gasvryheidspakkette, skakel Lefra Produksies by 011-815-3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com.

4 November

Nicholis Louw tree om 19:30 op by Innie Skuur. Bespreek jou plek by meerkatkolonie@vodamail.co.za.

4 November

Bloemfontein-mesmakersklub se skou word om 8:30 by Tjokkies-laerskool gehou. Toegang is R20, wat ‘n gratis mes-trekkingskaartjie insluit. Vir meer inligting kontak Hennie Geyer by 083-709-0905 of Eddie Scot by 083-556-8842.

5 November

Die Bloemfonteinse Kinderkoor hou sy jaarkonsert by die NG Kerk Pellissier om 19:00. Vanjaar se gaskunstenaars is Jannie Moolman en Corlea Botha. Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by Mariska Nel, 072-837-642, en Crazy Daisy, Prellerplein, 051-436-6230. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.

5 November

Oliewenhuis Art Museum is hosting a second Ceramic Plates Workshop from 9:00 – 16:00. The workshop is to be presented by three renowned Free State ceramicists, Dina Grobler, Helena de Waal and Toni Pretorius. Anyone interested in learning the fine art of ceramics is welcome to attend. The workshop fee is R300 and includes all materials, the firing of the plates and refreshments. As limited space is available, booking for the workshop is essential. To book, or for any enquiries, please contact Yolanda de Kock at 051-011-0525 (ext 200) or yolanda@nasmus.co.za.

5 November

The Emoya Voetspoor Festival is back! It’s a celebration of cultures and is an all-day event which caters for all ages. For queries, phone the Voetspoor team at 051-436-8471.

Elke Sondag

Treintjieritte vir die gesin by Modensopark, Rhynlaan 6, Bayswater, van 14:00 tot 17:00. Navrae: 082-880-8711. Heerlike pannekoek te koop.