Sewe UV-studente in hegtenis

0
3017
Polisie teenwoordig op UV se Bloemfontein-kampus. FOTO: MARK STEENBOK

Die polisie het bevestig dat sewe studente vanoggend omstreeks 08:30 op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus in hegtenis geneem is.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die groep is aangekeer in verband met ‘n oortreding van ‘n hofinterdik.

‘n Interdik is deur die universiteit teen protesaksies verkry.

Marope sê hulle het na bewering ander studente by een van die Bloemfontein-kampus se toegangshekke voorgekeer en verhoed dat hulle na die kampus kan gaan om klasse by te woon.

Die studente is tans by die Parkweg-polisiekantoor in die stad. – Christal-Lize Muller