Koue, sonnige toestande dié week voorspel

0
631

 

Koue, maar sonnige weerstoestande word die week in die grootste deel van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voorspel.

‘n Weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Tumi Phatudi, sê temperature onder 18 grade Celsius word in die meeste dele verwag. Sy sê temperature kan teen Woensdag daal wanneer ‘n koue front van die Wes-Kaap ooswaarts inbeweeg.

Dit gaan koud wees in die grootste deel van die Noord-Kaap, die Vrystaat, en Noordwes. Temperature gaan ietwat toeneem teen Donderdag wanneer die koue front deur die binneland beweeg het.

Phatudi sê maksimum dagtemperature van tussen 11 grade Celsius en 13 grade Celsius word Woensdag vir die suid-oostelike deel van die Vrystaat en die suidelike deel van die Noord-Kaap voorspel. Die sentrale en oostelike deel van die Vrystaat gaan ook koud wees met maksimum temperature van 16 grade Celsius wat verwag kan word.

Temperature onder 18 grade Celsius word vir Noordwes voorspel.  – Christal-Lize Muller